Editor's noteLocal sportSport

Noordelikes vier 50 jaar in baie spesiale rugbytruie

Die BB Truck Noordelikes Rugbyklub vier vanjaar hulle 50ste bestaansjaar en hierdie mylpaal word op die eerstespan se truie weerspieël.

POLOKWANE – Die BB Truck Noordelikes Rugbyklub vier vanjaar hulle 50ste bestaansjaar en hierdie mylpaal word op die eerstespan se truie weerspieël.

Die name van spelers wat sedert 1965 deel was van die “rooi masjien”, is op die trui gedruk. Riaan van Schalkwyk, voor-sitter van BB Truck Noordelikes Rugbyklub, het verlede Donderdagaand tydens ‘n oorhandigingsseremo-nie die verwagtinginge en verantwoordelikheid, wat hierdie spesiale trui versinnebeeld, beklemtoon.

“Ons het groot verwagtinge vir die Cell C-gemeenskapsbeker vanjaar en ons bedank ook elke speler, oud-speler, bestuurslid en borg wat deel van hierdie seisoen is,” het Van Schalkwyk gesê.

“Ons verwag 100% van elke speler op die veld. Wanneer spelers die truie aantrek, moet hulle besef dat hulle nie vir hulself speel nie. Hulle speel vir elke persoon wat oor 50 jaar betrokke was by die klub.”

Freek Romijn, afrigter, het die eerstespan ook sterkte toegewens vir hulle eerste kragmeting teen die Pretoria Polisie Rugbyspan wat geskeduleer was vir Saterdag.

“Ons is een van die beste klubs in Suid-Afrika en gaan die beste klubs in die land aanpak. Ons hoop dit sal ‘n goeie seisoen wees,” het Romijn gesê.

BB Truck Noordelikes se volgende kragmeting is teen College Rovers en Raiders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button