Local sportSport

Akrobate hou dansskool se naam hoog by onlangse eksamens

"Ek is baie trots op elkeen van my dansers, van die jongste tot die oudste een" Jolene.

POLOKWANE – Dansers van Jolene’s Acrobats het weereens die dansskool se naam hoog gehou tydens hulle danseksamen wat van 29 April tot 2 Mei gehou is.

Die dansskool kan al vir die afgelope 30 jaar spog met ‘n 100% slaagsyfer en die nuutste uitslae dui weer op hulle harde werk en toewyding.

Die dansers, wie se ouderdomme wissel van vyf en 18, het almal hul eksamens in verskillende afdelings geslaag met elk ‘n gemiddeld van meer as 80%.

Desiree Pretorius het die hoogste gemiddeld, 96,5% behaal.

• Lukhe Minnaar en Alexis Strydom het beide hulle ‘Pink shield’ eksamen geslaag.

• Katelyn Swan, Liza Calabria, Maruze Burger, Chloe Freestone, Danika Calitz en Mia de Kock het elk hul ‘Blue shield’ eksamen geslaag.

• Tenisha de Kock, Leone Labuschagne en Simone de Villiers het elk hul ‘Yellow shield’ eksamen geslaag.

• Anandre Minnaar, Cameron Winter, Chantelle Duvenhage, Desi Pretorius en Tristen Winter het elkeen hul ‘Silver shield’ eksamen geslaag.

• Juandri Champaud het haar ‘Red shield’ eksamen en junior student eksamen geslaag.

• Desiree Buys het haar senior studenteksamen en haar ‘Associate 1’ afrigterseksamen geslaag.

• Angelique Faul het haar ‘Associate 2’ en ‘Associate 3’ eksamen geslaag.

• Leone Labuschagne, Anandre Minnaar en Desiree Pretorius het elk ‘n brons medalje verwerf.

• Kayla van Vuuren het ‘n silwer medalje verwerf.

“Ek is baie trots op elkeen van my dansers, van die jongste tot die oudste een,” het Jolene na afloop van die eksamens gesê.

Jolene sê dat sy met trots haar nuutste afrigter, Angelique Faul, verwelkom by haar dansskool.

“Dit het baie harde werk en trane gevat vir Angelique om finaal te kwalifiseer. Angel, gaan groot of los dit,” het Jolene opgemerk.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button