Local sportSport

Veerpyltjies en vriendelike kompetisie by Mongoose

Plaaslike veerpyltjiespelers kon hulself geniet by die Mongoose Pub and Grill ope-kompetisie.

POLOKWANE – Plaaslike veerpyltjiespelers kon hulself geniet by die Mongoose Pub and Grill ope-kompetisie.

Die veerpyltjiekompetisie word maandeliks gehou by verskeie kroeë in Polokwane.

Omdat dit ‘n ope-kompetisie was, kon enige persoon van 13-jaar en ouer aan die kompetisie deelneem.

Die kompetisie het uit verskeie afdelings bestaan: individuele mans en vroue, dubbels-mans en -vroue en ‘n gemengde span.

Die organiseerder van die kompetisie, Hendrik van Jaarsveldt, vertel dat hul die ope-kompetisie hou om die sport te bevorder deur meer mense daarby te betrek.

“Dit is ‘n sport vir almal om te geniet; of jy nou ‘n man of ‘n vrou is, kort of lank is, gestremd is of nie, almal kan die sport saam geniet, dit is ook glad nie ‘n duur sport nie en baie van die meer ervare lede help gerus uit,” sê Hendrik. Daar word ook uit verskillende distrikte spelers gekies om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse veerpyltjiekampioenskappe.

Hendrik vertel dat hulle spelers vanuit die Capricorn-distrik volgende week sal vertrek om aan die Suid-Afrikaanse veerpyltjie kampioenskappe deel te neem.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button