Christine Kloppers van Tarentale Jukskeiklub op Mokopane in aksie Saterdag.
POLOKWANE – Die Pietersburg ope-jukskeitoernooi is Saterdag in die stad aangebied met plaaslike spanne wat kom deelneem het.
Hulle het slag gebied teen verskeie besoekende spanne sover as van Thabazimbi en ‘n nuut gestigde klub van Bela-Bela, die Bush Baby’s van die Waterberg distrik.
Hier is die afdelings-uitslae en punte van die toernooi.
Corrie Cornelius, ‘n speler van Pietersburg Jukskeiklub, het tydens Saterdag se Pietersburg ope-jukskei toernooi die span van HTS Tom Naudé verteenwoordig.
Andries Kemp van Oos-Gauteng het saam met sy familie en vriende van Tarentale jukskeiklub gespeel.
Die Pietersburg ope-jukskeitoernooi is Saterdag hier in Polokwane gehou. Hier is ‘n ingenome Leoné Marais van Pietersburg Jukskeiklub nadat sy met ‘n sekuur gooi die pen in die sandput raakgeklits het.
Die Pietersburg ope-jukskeitoernooi is Saterdag in Polokwane aangebied met spelers jonk en oud wat hier kom deelneem het van verskeie klubs en skole in Limpopo. Hier is Nis Kotze van Pietersburg Jukskeiklub wat die jonger gardes wys hoe om ‘n jukskei te gooi.