Gimnaste kry Limpopo-kleure
Die Louis Trichardt Gimnastiekklub was hierdie jaar die gasheer vir die Limpopo vlak 1-3 kompetisie wat op 14 en 15 Augustus aangebied is.
Agter staan Tamar Kellerman, Mia Alberts, Ethel du Preez, Isabella Marais, Michelle Steyn, Jessica Taylor en Dimpo Matswiki. Amor Veldsman, Isabella Baker en Mienke Pretorius was afwesig. Foto: Verskaf
LOUIS TRICHARDT – Die Louis Trichardt Gimnastiekklub was hierdie jaar die gasheer vir die Limpopo vlak 1-3 kompetisie wat op 14 en 15 Augustus aangebied is.
Dertig van die klub se gimnaste het Limpopokleure verwerf en dring deur na die Noord Zone-kompetisie waar hulle van 27 tot 29 Augustus in Kemptonpark teen Gauteng, Oos-Gauteng, Mpumalanga en Vaal gaan deelneem.
Die Louis Trichardt Gimnastiekklub bedank graag die volgende persone en instansies wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het. Hulle bedank graag die positiewe en hardwerkende ouerkorps, Franna en Anriette Knoetze, Saki en Miem Nel, Philip en Maricia Ludick, Mark en Elize Baker, Phillip en Vicky Potgieter, Koos en Heidi Alberts, Eerste Nasionale Bank (FNB), James van Heerden, Pieter en Ronelle Schlesinger, Johan van Dyk Loodgieters, Martin Venter van Madi Tanks, Leach Printers, Coca Cola Fortune (PTY) LTD, Muurbalklub, U-Print, Sanrie van Niekerk en Sunelia Oelofse vir hulle borgskappe en donasies.



