Zanis oorheers by kampioenskappe
Zanis Gymnastic Academy het met spogprestasies by die Limpopo Artistiese Kompetisie weer gewys waarom hulle waardige kampioene is.
POLOKWANE – Zanis Gymnastic Academy het met spogprestasies by die Limpopo Artistiese Kompetisie weer gewys waarom hulle waardige kampioene is.
‘n Totaal van 87 Zanis-gimnaste vanaf Zanis Polokwane, Zanis Tzaneen en Zanis Hoedspruit het onlangs na Louis Trichardt gereis om aan die Limpopo Artistiese Kompetisie vir vlak 1 tot 3 deel te neem.
Van die 49 seuns wat deelgeneem het, het 35 Limpopo-kleure verwerf, terwyl 37 van die 38 meisies hulle dit nagedoen het. Zanis het dan ook 72 gimnaste in die Limpopo-span.
Die Limpopo-span het vanaf 27 to 29 Augustus aan die laaste kompetisie vir die jaar deelgeneem. Dit is by die Noord-sone in Kemptonpark gehou waar die Limpopo-span teen Gauteng, Oos-Gauteng, Mpumalanga en Vaaldriehoek te staan gekom het.
Tydens die Limpopo Kompetisie het elke gimnas ‘n medalje ontvang volgens die punte wat verdien is. Zanis het in totaal 61 goue medaljes, 23 silwermedaljes en vier bronsmedaljes verower. Daar was ook ses trofeë vir die beste gimnas in die seuns- en meisiesafdeling in elke vlak. Die Zanis-gimnaste het vyf hiervan opgeraap. Die wenners is as volg:
Seuns
• Julian Lombard (vlak 1, ses tot sewe jaar). Hy is ook aangewys as beste vlak 1 seunsgimnas.
• Armand Grobler (vlak 1, agt tot nege jaar).
• Johannes Thoba (vlak 1, 10 tot 12 jaar).
• Evan Bernhardi (vlak 2, sewe tot agt jaar).
• Pedri Neethling (vlak 2, nege tot 10 jaar). Hy is ook aangewys as beste vlak 2 seunsgimnas.
• Brandon Erasmus (vlak 2, 11 tot 13 jaar).
• Brendon O’Reilly (vlak 3, sewe tot agt jaar).
Meisies:
• Jani Wagner (vlak 1, ses jaar).
• Clarissa Combrink (vlak 1, sewe jaar).
• Makie Inama (vlak 1, agt jaar).
• Soula Panayiotou (vlak 1, 12 jaar). Sy is ook aangewys as beste vlak 1 meisiesgimnas.
• Latarah Bonne (vlak 2, sewe jaar).
• Vine van der Heever (vlak 2, 11 jaar).
• Storm Locke (vlak 2, 13 jaar). Sy is ook aangewys as beste vlak 2 meisiesgimnas.
• Mienke Lombard (vlak 3, 12 jaar).





