Local sportSport

Plaaslike skut wen eerste plek

Roelof Myburgh van die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging (BJV) Pietersburg-tak verower 'n eerste plek in die Suid-Afrika Sport Jag Federasie (SASJF) Groeperingskiet Kompetisie.

POLOKWANE – Roelof Myburgh van die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging (BJV) Pietersburg-tak verower ‘n eerste plek in die Suid-Afrika Sport Jag Federasie (SASJF) Groeperingskiet Kompetisie.

Die Kompetisie het op Donderdag, 24 September by die Polokwane Skiet Sentrum plaasgevind waar plaaslike skut, Roelof, die eerste plek gekry het in die groepering van die 19,5 mm geweer skiet.

“Baie lede van verskeie organisasies het die kompetiesie kom bywoon wat gesorg het vir ‘n opwindende dag,” sê Hannes Willemse, tesourier van SASJF.

Pete Millan van Mokopane het ‘n tweede plek verower en Daan Louw van Modimolle het die derde plek verwerf.

“Namens die SASJF wil ons net almal bedank vir hulle ondersteuning gedurende die dag se verrigtinge,” bedank Willemse.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button