URD studio se dansers behaal top punte by Lim kampioenskap
Dansers van die Universe of Rhythm & Dance (URD) studio het in verskeie kompetisies skitter-prestasies behaal asook puik resultate in hulle dans-eksamens.
POLOKWANE – Dansers van die Universe of Rhythm & Dance (URD) studio het in verskeie kompetisies skitter-prestasies behaal asook puik resultate in hulle dans-eksamens.
In die Limpopo kampioenskap het URD se dansers ook skoonskip gemaak in die 16 afdelings waarin hulle deelgeneem het. URD se dansers verower 27 medaljes op hul oorwinningstog.
Volgens URD se dans-instrukteur, Jouney-Anne Steenkamp, is daar ‘n paar van URD se dansers wie koning kraai op die Suid-Afrikaanse junior ranglys vir solo dans Latina en die paartjie-afdeling.
Eerste is Mikayla Deverneuil, Jessica dos Ramos Abreu in die tweede plek, in die derde plek is Leandra da Silva en Abigail Caldeira is tans sesde op dié ranglys in die afdeling vir solo dans Latina.
Op die paartjie ranglys is Dos Ramos Abreu voor met Caldeira in die tweede plek.
Volgens Steenkamp word hierdie lys deur die dansers se uitslae van die vyf groot dans kompetisies deur die loop van die jaar bepaal. Sy sê daar word dan na afloop van hierdie kompetisies ‘n top-20 lys saamgestel vir verskeie Suid-Afrikaanse dansranglyste wat dit dan moontlik maak vir dansers om te sien waar hulle teenoor mededingers staan.
‘n Aantal dansers na afloop van die Limpopo kampioenskap het op 3 en 4 Oktober in Kempton Park aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap gaan deelneeem.
Hierdie dansers is Deverneuil, Dos Ramos Abreu, Caldeira en Da Silva. Twee ander dansers van URD wie ook deelgeneem het is Zeanell Nortje en Mia van Rhyn.
Die Limpopo kampioenskap medalje wenners:
• Marizahn de Beer
• Leandra da Silva
• Kylie Campbell
• Rueme Quin
• Carie Lombard
• Jessica dos Santos Abreu
• Zeanell Nortje
• Mikayla Deverneuil
• Abigail Caldeira
• Mia van Rhyn.
Algehele Limpopo- kampioene is:
• Marizahn de Beer
• Zeanell Nortje
• Mikayla Deverneuil
• Mia van Rhyn.
Hier is die dansers wie 80% en hoër in hul dans-eksamens behaal het:
• Jessica dos Ramos Abreu – klassiek (86%), Latyn (84%), energiedans (87%)
• Nomvula Ngobeni – klassiek (80%), Latyn (82%), energiedans (84%)
• Abigail Caldeira – Latyn (80%), energiedans (84%)
• Ruby-Lee Scott – energiedans (82%)
• Mikayla Deverneuil – klassiek (85%), Latyn (84,5%), energiedans (90,5%)
• Mia van Rhyn – klassiek (82,2%), Latyn (82%)
• Lisa Schoeman – klassiek (82%), Latyn (80%), energiedans (84,5%)
• Zeanell Nortje – klassiek (84%), Latyn (84,5%), energiedans (88,5%)
• Nicola Kkoutas – Latyn (82%)
• Bonnie-Jade Scott – Latyn (80%).






