Local sportSport

Skuts mik vir CHASA-titel

Die Bosveld Jagtersvereniging se Polokwanetak het dié vereniging se tweedelaaste skietkompetisie vir die jaar Saterdag gehou.

POLOKWANE – Die Bosveld Jagtersvereniging se Polokwanetak het dié vereniging se tweedelaaste skietkompetisie vir die jaar Saterdag gehou.

Dit was slegs ‘n .22LR-geweerkompetisie, en skuts kon skiet tot 600 punte op ‘n teiken.

Die punte van hierdie kompetisie word aan die Jagterskonfederasie van Suid-Afrika (CHASA) gestuur as inskrywing vir die nasionale CHASA skietkompetisie wat op 1 Augustus begin het en op 31 Julie volgende jaar eindig.

Skuts uit al die hoeke van die land neem deel aan die kompetisie en hulle kan inskryf soveel keer as wat hulle wil.

Die twee beste tellings van elke skut word bymekaar getel en ‘n gemiddelde punt word uitgewerk.

Hierdie punte bepaal dan die nasionale wenners.

Die teikens van Saterdag se skietdag was ‘n springbok, ghonge, rooibok en vlakvark.

• Met die springbokteiken moes die skut in ‘n dooiruslêposisie skiet en die afstand was 70 m.

• Met die ghongeteiken moes die skut in ‘n dooiruslêposisie skiet na die teiken wat verskillende afstande weg was: 50 m, 60 m, 65 m en 75 m.

• Met die rooibokteiken moes die skut in ‘n sitposisie skiet en die afstand was 40 m.

• Na die vlakvarkteiken moes die skut in ‘n staanposisie skiet en die afstand was 20 m.

Die wenners van die dag was:

1. Roelof Myburgh.

2. Rudi Myburgh.

3. André Jonker.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button