Local sportSport

Veerpylspelers gooi sekuur in hulle uitdunne vir provinsiale span

Twee veerpyltjiespelers, Simon Adams en Louwrens van Staden, het tydens die Capricorndistrikproewe beide voltalle gegooi in die 180's-spel (around the clock).

POLOKWANE – Twee veerpyltjiespelers, Simon Adams en Louwrens van Staden, het tydens die Capricorndistrikproewe beide voltalle gegooi in die 180’s-spel (around the clock).

Veerpyltjiekenners reken dié is ‘n besonderse mylpaal aangesien dit nie in enige iemand se broek sit om 180 punte te behaal in dié potjie nie.

Die proewe het Saterdag plaasgevind by die Mimosasaal in die stad waar veerpyltjiespelers mekaar die stryd aangesê het om ‘n plek in die Limpopospan.

Die Limpopospan gaan dan later vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Veerpyltjiekampioenskappe deelneem.

Dié twee spelers het elk ses rondes gewen en die twee top posisies op die mansafdeling se ranglys behaal.

Hendrik Klopper het vier rondes gewen en Hendrik van Jaarsveldt, Willem Bezuidenhout en Deon Eybers het elk drie rondes gewen. Herman Oosthuizen wen twee rondes en Hardus Koekemoer wen een ronde.

In die vroueafdeling is dit Louise Oosthuizen wie die botoon voer met ses rondes. Op haar hakke is Susan van Jaarsveldt met vier rondes en haar dogter, Susan van Jaarsveldt, met drie rondes. Linette Klopper, Endria Enslin en Ina Grobler het elk twee rondes gewen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button