Boogskuts beloon vir hul uitstekende skietvermoë
Boogskuts van die Archers for Africa Klub in die stad is Saterdag beloon vir hul vernuf op die skietbaan gedurende hul deelname verlede jaar.
POLOKWANE – Na die seremonie het die skuts en hulle gesinne gesellig om die braaivleisvuur gekuier.
Die skuts wie trofeë ontvang het is:
• Bernard Mentz – Archers For Africa Boogskut van die Jaar.
• Louwrens Maree – Beste Senior Mansboogskut.
• Ryan Van Graan – Beste Junior Mansboogskut.
• Jean-Mari Mostert – Beste Junior Damesboogskut.
• Zander De Jager – Beste “Cub” Seunsboogskut.
• Martin Mostert – Skut met die Beste Vordering.
Merietetoekennings vir provinsiale kleure:
• Christiaan de Jager.
• Luann Maree.
• Jean-Mari Mostert.
• Zander de Jager.
• Afxenti Kkoutas.
• Martin Mostert.
• Bernard Mentz.
Merietetoekennings vir nasionale kleure:
• Bernard Mentz.
• Christiaan Edwards.
• Ryan van Graan.




