Bosveld SportLocal sportSport

Wimpy Mokopane Gholfdag sien 116 gholfers op die baan

Sien die resultate hier.

MOKOPANE – Die Wimpy Mokopane Gholfdag, ten bate die N.G. Hulp en Hoop, was verlede Donderdag op die Kameeldoring-gholfbaan aangebied.

Gary Nel en ‘n anonieme spanmaat is as die wenners gekroon met ‘n telling van 57 punte. Bennett van der Gryp en Spencer Claasen is die naaswenners met 55 punte.

Lourens en Erika van Dyk (55 punte), Jan Lee en Jan Klopper (54 punte) en Freddie van Wyk en Pieter Peens (54 punte) het die volgende drie plekke ingeneem. Pryse vir naaste aan die pen is toegeken aan Debbie Bruwer en Shaun Swartz (derde putjie), Bruwer en Jacques Nel (sesde putjie), Pierre Schalkwyk (agtste putjie) en Adri Beytell en Francois Duvenhage (17de putjie).

Die NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk bedank al die spelers wat die dag ondersteun het, die borge vir hul bydrae en in besonder Wimpy Mokopane.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button