Local sport

Potspel: Brandon Kidson in o/23-span

Brandon is gekies om Limpopo te verteenwoordig tydens die Blackball kampioenskappe wat van 18-23 Mei by Gold Reef City plaasvind.

POLOKWANE – Sport was nooit hoog op Brandon Kidson (15) se prioriteitslys nie, totdat hy eendag ‘n potspelstok opgetel het.

Dit het sy lewe verander en bied nou vir hom die kans van ‘n leeftyd. “Ek het in 2021 begin speel nadat ek by Noordelikes Rugbyklub met die sport kennis gemaak het. Dit het my belangstelling geprikkel en ek het besluit om dit na te streef.”

Met die hulp van vriende in potspelkringe het Brandon sy tegnieke verbeter en kon hy in 2021 in sy eerste kompetisie speel. Hier het hy in die ope-afdeling ‘n eerste plek behaal.

Sedert verlede jaar speel Brandon by Mimosa Ontspanningsklub en dit is hier waar sy medespelers hom aangeraai het om in te skryf vir die Suid-Afrikaanse Blackball o/23-kampioenskappe.

Brandon is gekies om Limpopo te verteenwoordig tydens die Blackball kampioenskappe wat van 18-23 Mei by Gold Reef City plaasvind.

“Blackball word net met sewe rooi en sewe geel balle gespeel wat ‘n mens moet sink voordat jy die swart bal kan sink. Dit is effens moeiliker as die gewone potspel waaraan almal gewoond is. Die tafel is ook kleiner.”

Brandon sê die lekkerste van die sport is die wete dat hy ‘n loopbaan daarvan kan maak. Die moeilikste is om onder druk teen sterker kompetisie te speel.

Vir Brandon om aan die Blackball kampioenskappe te gaan deelneem, moet hy R5 500 insamel. Dit sluit nie sy sakgeld in nie, slegs etes en verblyf, sy toerklere en reisonkostes.

Donasies is welkom:

NBF Limpopo.

Absa rekening: 4072563975.

Tak 632005

Verwysing: Brandon Kidson asook jou naam en van of jou maatskappy se naam.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button