Local sport

Jukskeiklub benodig skenkings vir opknapping

Hulle werk op ‘n donasiebasis en enige bydraes, hetsy in die vorm van arbeid, materiale, of finansiële steun, is steeds welkom en noodsaaklik.

POLOKWANE – Die onderhoud van die stad se jukskeibane is ‘n gedeelde verantwoordelikheid tussen die munisipaliteit en dié van spelers.

Dit is volgens die Pietersburg Jukskeibaan se fasiliteitsbestuurder, Hardus Swanepoel, wat vertel dat dié bane sedert 2019 nog slegs een maal in gebruik was, en dit tydens die Inheemse Spele waaraan landelike spanne deelgeneem het.

Sedertdien het die gras en bosse die terrein oorgeneem en die klub het onlangs met die munisipaliteit hande gevat om die terrein te begin skoonmaak.

“Dit is egter ook die spelers se verantwoordelikheid om die bane netjies te hou. Die munisipale werkers weet nie hoe om die putte oop te sny nie, want hulle ken nie die spel nie. Ons gebruik die fasiliteite, dus moet ons die ook skoon en netjies hou.”

Daar is nuwe doringdraad tussen Thabo Mbekistraat en die jukskeibaan gespan en die eerste drie bane is omgespit en gereed vir speel en oefen, vertel hy.

“Die Polokwane Munisipaliteit het ‘n kontrakteur gestuur om ‘n Clearview-heining rondom die perseel te installeer. Hierdie bykomende sekuriteitsmaatreël sal ons fasiliteite verder beskerm. ‘n Voltydse sekuriteitswag is aangestel om die veiligheid van spelers en die klub te verseker.”

‘n Groot boom wat omgeval het, is skoon gesny, maar verdere opsnywerk word benodig om dit heeltemal te verwyder.

‘n Kontrakteur is aangestel om die muur in die dak, waar inbrekers voorheen ingekom het, asook die braaifasiliteite, te herstel.

“Ons het 30 meter Suffix-kabel ontvang vir prop- en ligherstelwerk. Ons wag steeds op die munisipaliteit se herstel van elektrisiteit na die fasiliteit. Daar is nog baie werk wat voorlê soos grondwerke om die totale speelvlak gelyk te maak. Die wasbakke in die badkamers is tans gekraak en gebreek. Ons benodig dringend drie nuwe wasbakke, saam met loodgietersbenodigdhede en materiaal. Behoorlike handwasfasiliteite is noodsaaklik vir die gesondheid en welstand van ons spelers en besoekers,” sê Swanepoel.

Die badkamerplafonne is herstel.

Die gebou moet oorgeverf word en die klub vra skenkings en hulp met kwasse, rollers en ander verf-benodighede.

“Ons werk op ‘n donasiebasis en is ‘n organisasie sonder winsbejag. Enige hulp met die bogenoemde materiale sal waardeer word deur alle spelers en die komitee. Kom ons werk saam om veilige, funksionele en higiëniese fasiliteite vir almal te skep. Ons sal voortgaan om die gemeenskap op hoogte te hou van verdere vorderings en behoeftes. Enige bydraes, hetsy in die vorm van arbeid, materiale, of finansiële steun, is steeds welkom en noodsaaklik.”

Vir verdere navrae of om bydraes te maak, kontak Hardus Swanepoel by 076 626 9998.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button