Puik uitslae vir die Fun Dance Company se dansers
Ses dansers het honneurs behaal en 29 dansers honneurs met onderskeiding. Twintig dansers het honneurs met onderskeiding + behaal.
POLOKWANE – Op 28 April het 55 jong dansers van die Fun Dance Company aan hulle jaarlikse eksamen deelgeneem. Dansers moet elke jaar dié eksamen slaag om ‘n suksesvolle portefeulje te bou.
“Daar is net een eksamen per jaar waaraan hulle kan deelneem. Baie van ons dansers het Januarie eers met akrobatiese dans begin,” sê Fun Dance Company eienaar en dansafrigter Olivia Fox-Venter.
Dansers het in die uitslaekategorieë geval naamlik honneurs, honneurs met onderskeiding en honneurs met onderskeiding +. Om te kwalifiseer vir ‘n honneurs moes die danser tussen 80% en 89% behaal het.
Vir ‘n honneurs met onderskeiding moes hulle tussen 90% en 95% behaal en vir ‘n honneurs met onderskeiding +, stap hulle weg met tussen 96% en 100%.
Ses dansers het honneurs behaal en 29 dansers honneurs met onderskeiding. Twintig dansers het honneurs met onderskeiding + behaal.
Odette Chaves is gekies as junior danser vir die dag en Lu-vé Venter as senior dansers.
Senior dansers kan gekies word om te gaan deelneem aan beurse. Die volgende meisies is deur die eksaminator gekies om te gaan deelneem later vanjaar: Rhuné Stander, Evelyn Shrives, Lu-vé Venter, Welize Stander en Candice Kekana.
“Ons is baie trots op elke meisie vir hulle harde werk en goeie uitslae,” het afrigters Fox-Venter en Carina Froehlich gesê.




