Local sport

Enjins brul om ovaalbaan

Die renjaers en toeskouers het tot laat nog die vure laat brand en oor die dag se sukses gesels.

MOKOPANE – Die enjins het reeds vroeër die week al gebrul vir tydtoetse op die ovaalbaan buite die dorp en die toeskouers verlede Saterdag vinnig laat saamtrek vir die maandelikse hotrod-aksie.

Dit was steeds ‘n opwindende aand hoewel daar nie soveel karre kon deelneem nie.

In die ninja midgetsafdeling het HP Venter eerste oor die wenstreep gejaag, Francois Engelbrecht was eerste in die 1660 gemodifiseerde-afdeling gevolg deur Zahné Smith en JA Frekleton.

In die hotrodafdeling het Wian Jordaan skoonskip gemaak met WB van Niekerk tweede.

In die ninjavierslagafdeling het WS van der Merwe en Cornel van der Merwe mekaar die stryd aangesê met WS uiteindelik eerste oor die wenstreep.

In die junior stockrodafdeling het Zehan Hatting eerste oor die wenstreep gejaag met Luan Oelofse kort op sy hakke. AJ Oelofse het die eerste plek gevat in die stockrodsafdeling gevolg deur Sarel Nel en Fanie Nel.

In die 2.1L gemodifiseerde hotrodsafdeling het Karlo Ruytenberg die wentrofee ontvang met Eric Sadler tweede en Roelf van der Merwe derde.

Die pienkrodsafdeling het die toeskouers aan die juig gehad.

Chantelle Oelofse was eerste, gevolg deur Christa van der Merwe en Susan van Jaarsveldt.

Xander Elof was eerste oor die wenstreep in die ninjacomers-afdeling met Melandri Minnie kort op sy hakke en Chanique Bezuidenhout derde.

Die renjaers en toeskouers het tot laat nog die vure laat brand en oor die dag se sukses gesels. Die volgende byeenkoms is geskeduleer vir 15 Junie.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button