Local sport

Luister: Limpopo, Jou Lekker Ding

Oom Fanie wens alle ruiters sterkte toe in hierdie naweek se SAWMGA-kompetisie

POLOKWANE – Oom Fanie is dikwels die grootste aansporing vir nuwe ruiters wat Saterdag aan die SAWMGA-kompetisie gaan deelneem.

Dié ruiters is onderwysers van verskeie skole in die stad, asook Louis Trichardt en Tzaneen, wat vir die eerste keer aan dié kompetisie, wat by Winnfield Stables plaasvind, gaan deelneem.

Oom Fanie is bekend in die perdegemeenskap, en almal weet hy doen dinge op sy manier, byvoorbeeld om ‘n Porterhouse-biefstuk kry by ‘n vegan-restaurant, te bestel, ‘n kragmeting met Superman te hê en selfs met Chuck Norris vriende te maak na ‘n dag op die rug van ‘n perd in die bosveld.

Daar word vertel Oom Fanie se wekker is selfs te bang om hom wakker te maak en dat spoke koue rillings kry as hulle Oom Fanie se naam hoor.

Hierdie week, so net voor Saterdag se kompetisie het Oom Fanie begin om te sing en het hy sy eerste treffer, Limpopo Jou Lekker Ding, die lig laat sien.

Oom Fanie, met sy blou geruite hemp, kruisbande en grys baard is ‘n stoere ondersteuner van die SAWMGA-ruiters en wens elkeen voorspoed toe vir die naweek se kompetisie.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button