Skeidsregtersunie dankbaar vir skenking
"Ons is dankbaar vir die skenking,” sê Slabbert, visepresident van Limpopo Rugby Unie se skeidsregters, afrigters en mediese verenigings.
POLOKWANE – Die ICE Blue Group (IBG) het onlangs 50 T-hemde vir die Limpopo Rugby Unie se skeidsregters geborg.
Direkteur en hoofuitvoerendebeampte van IBG, Gerhard Kriek het verlede Vrydag ‘n geraamde hemp as bedanking namens die Limpopo Skeidsregters van Jan Slabbert en Danie van Staden ontvang.
“Hierdie is ‘n vyf-jaar kontrak vir die hemde. Ons is dankbaar vir die skenking,” sê Slabbert, visepresident van Limpopo Rugby Unie se skeidsregters, afrigters en mediese verenigings.
Vroeër vanjaar is die eerste IBG Cup Championships tussen die Blou Bulle en die Valke gehou. Tydens hierdie opwarmingswedstryd het die Blou Bulle met 45-14 gewen.
“Ons beoog om in September die grootste sewesrugbydag in die land en hopelik die wêreld, in Modimolle aan te bied, met die vrouesewes- en manssewesspanne wat deel gaan hê in die dag,” sê Kriek.
Ice Blue Group is die verskaffer van volhoubare landbouoplossings deur te spesialiseer in organiese bemesting en die nuutste tegnologie.
“Ons is besig om weer ‘n koöperasie op die been te bring, soos die koöperasies van toe ons jonger was – waar jy alle plaasbenodighede onder een dak kan kry en dus nie nodig het om op en af te ry nie.”




