Local sport

Ju-Jitsu-ster Rinet Marais nou 4de dan

Volgens Marais is 'n presteerder in ju-jitsu iemand wat nie bang is om seer te kry nie, omdat pyn 'n deel van die proses is.

POLOKWANE – Die plaaslike afrigter van die Setemi Ju-Jitsuklub, Rinet Marais het onlangs nog ‘n onderskeiding bereik toe sy as vierde dan gegradeer het.

Die gradering het oor twee dae in Johannesburg plaasgevind en is waargeneem deur senior sesde dan houers onder toesig van shihan Sam Tonkin van Jikishin Ju-Jitsu International South Africa.

Marais word sterk ondersteun deur haar afrigter, sensei Marcia van Niekerk, self ‘n vyfde dan en ook eienaar en afrigter van Kimura Shukokai Karate.

Marais het sedert 1974 karate beoefen, maar teen 2000 het ju-jitsu haar belangstelling begin prikkel en nadat sy in 2004 tot derde dan in karate gevorder het, besluit om oor te skakel na ju-jitsu.

Volgens Marais is ‘n presteerder in ju-jitsu iemand wat nie bang is om seer te kry nie, omdat pyn ‘n deel van die proses is.

“Jy moet die regte houding, volharding, etiket en respek vir jouself en jou opponente hê. Jy moet hard werk en verseker dat jy ander se vertroue wen omdat beserings maklik opgedoen kan word,” glo sy.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button