Local sport

20ste Comrades vir Johan van der Merwe

Die Comrades Maraton vind vanjaar vir die 84ste keer plaas en plaaslike hardloper, Johan van der Merwe, beoog om sy 20ste wedloop aan te durf.

POLOKWANE – Die Comrades Maraton vind vanjaar vir die 84ste keer plaas en plaaslike hardloper, Johan van der Merwe, beoog om sy 20ste wedloop aan te durf.

Johan vertel dat dit sy gewig was, wat hom gedryf het om in 1999 te begin hardloop.

Toe hy sien hoe di vet wegsmelt, het hy aangehou met hardloop, veral aangesien hy kon eet en kuier sonder om oor sy gewig gepla te wees.

“My eerste Comrades was baie spesiaal, want ek was net buite die stadion, ingehaal deur twee baie ervare klublede van my eerste klub, Potties Atletiekklub. wat toe saam met my die eindstreep oorgesteek het. Ek was baie verras dat hulle my ingehaal het, veral omdat die een ‘n vroue-atleet was en die ander heelwat ouer man. Ek toe sommer vinnig besef hoeveel waarde ervaring tot ‘n goeie Comradesuitkoms kan bydra.”

Johan sê hy het oor die jare al hoe meer besef watter impak selfvertroue in jou vermoë, asook ‘n sterk kop op jou skouers, op jou uitslae het.

“Ek kon met al hoe minder oefening dieselfde prestasies vermag, net omdat my kop so sterk geword het.”

Johan erken hy het eintlik reeds in 2017 sy Comradesskoene opgehang, maar weer in 2023 begin draf.

“Ek het besluit om ‘n mikpunt van 20 Comradeswedlope na te jaag. My groot wens van jare gelede was om my 20ste Comrades onder 07:30 te voltooi en sodoende na agt jaar weer ? silwer medalje langs my ander 10 silwers te kan ophang. Hierdie gaan ? moeilike uitdaging op die ouderdom van 53 wees, maar ek gaan hard baklei hiervoor,” het hy afgesluit.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button