Local sport

Eerstes vir dié Comrades-atlete van Polokwane

By Pietersburg Road Runners (PRR) is hierdie mylpale iets om te vier, nie net deur die atlete nie, maar ook deur ondersteuners.

POLOKWANE – Die Comrades Maraton wat Sondag gehou is, bring jaarliks unieke mylpale mee: ‘n eerste keer om die wedloop te voltooi, ‘n eerste keer om twee opeenvolgende wedlope klaar te maak, of dalk ‘n eerste goue medalje.

By Pietersburg Road Runners (PRR) is hierdie mylpale iets om te vier, nie net deur die atlete nie, maar ook deur ondersteuners.

Johan van der Merwe het sy 20ste Comrades suksesvol voltooi in ‘n tyd van 07:35:43, en sy seun JJ het kort daarna in 07:40:47 oor die eindstreep gehardloop in sy heel eerste Comrades.

Johan van der Merwe voltooi sy 20ste Comrades Maraton terwyl sy seun, JJ, sy eerste maraton voltooi.

Hierdie pa-en-seun-prestasie het baie harte geraak.

Lize-Marie Opperman het geskiedenis gemaak as die eerste vroulike PRR-atleet wat die Comrades voltooi het.

Oefenmaats Lize-Marie Opperman en Annelise Burke spog met hul onderskeie medaljes.

Sy het dit reggekry met ‘n indrukwekkende tyd van 08:54:30 en ‘n welverdiende Bill Rowan-medalje verower.

Die medalje is vernoem na Bill Rowan, wat in 1921 die eerste Comrades gewen het in ‘n tyd van 08:59.

Van der Merwe was ook die eerste PRR-atleet om vanjaar se wedloop te voltooi.

Al het slegs 20 van die 22 PRR-atlete die wedloop binne die gespesifiseerde tyd voltooi, is daar rede tot groot trots: al sewe van PRR se ‘novice’-atlete het hul heel eerste Comrades suksesvol voltooi.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button