Local sport

2 x wêreldgoud vir liggaamsbouer Regan

Regan de Neijs (21) het by sy debuut wêreldkampioenskappe onlangs in Pattaya twee goue medaljes in liggaamsbou verower en sê sy sukses is te danke aan harde werk, dissipline en ’n sterk ondersteuningsnetwerk.

POLOKWANE – Aan die einde van November het Regan de Neijs (21) se wêreld handomkeer verander toe hy vir die eerste keer aan die Wêreld Liggaamsboukampioenskappe in Pattaya, Thailand, deelgeneem en met twee goue medaljes huis toe gekom het.

Regan, ’n B.Sc-student in Stellenbosch, het vroeër vanjaar aan liggaamsbou begin deelneem. “Ek het ‘n eerste plek in die ‘Junior Men’s Physique World Champion’-afdeling en in die ‘Junior Bodybuilder World Champion’-afdeling behaal, en ’n tweede plek in die denim model-afdeling,” vertel hy.

Dié prestasies het egter nie sonder opofferinge gekom nie.

Regan de Neijs, UWSFF Men’s Physique Wêreldkampioen. Foto: Verskaf

“Liggaamsbou is net soveel geestelik as fisies. Jy moet gemotiveerd en toegewyd bly, hard oefen en reg eet. Dit beteken soms nee sê vir partytjies en jou hongerpyne ignoreer wanneer dit nie tyd is om te eet nie. Dit is selfs moeiliker om dit met studies te balanseer. Ek moes my liggaam tot sy volle kapasiteit druk – ek het in ’n stadium slegs 4% vet gehad.”

Oor sy eetplan sê hy dat hy suiker, vette en te veel sout vermy, maar na ’n groot kompetisie geniet hy soms ’n hamburger, pizza of ’n sjokolade.

“Vetterige kos vertraag vertering en te veel sout beïnvloed waterbeheer in die liggaam. Na ’n kompetisie slaap ek 10-12 ure en spandeer ’n paar dae in die sauna voordat ek weer begin oefen.”

Regan sê daar is ook baie wanpersepsies oor liggaamsbou.

Regan de Neijs, UWSFF Men’s Physique Wêreldkampioen. Foto: Verskaf

“Mense wil onmiddellike resultate sien, raak ongeduldig en begin steroïdes gebruik. Maar jy het dit nie nodig om goed te lyk nie.”

Volgens hom is ’n goeie ondersteuningsnetwerk baie belangrik.

“My ouers, vriende en afrigter beteken baie vir my. Dit, saam met die wete dat ek na ’n doelwit toe werk en weet waarheen ek op pad is, hou my gemotiveerd. Ek was op skool al baie kompeterend en het geleer om druk te hanteer. Dit motiveer my om harder te werk en altyd beter te word.”

Lees meer oor Regan in vandeesweek se Polokwane Observer.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button