Local sport

Polokwane se Regan (21) bult spiere in Thailand

Regan sê sy sukses is te danke aan harde oefening, 'n streng dieet en toewyding.

POLOKWANE – Nie vir een oomblik het liggaamsbouer Regan de Neijs (21) vroeër in sy lewe gedink dat ‘n besoek aan die ATKV Eiland hom eendag op ‘n wêreldverhoog sou plaas nie.

Regan en sy familie was met vakansie by die oord toe daar verskeie kompetisies gehou is, waaronder Mnr. en Mej. Spiere. Sy oom het hom aangespoor om deel te neem, en hy het sommer met die titel weggestap. “Ons moes rondom die swembad loop en in verskillende posisies poseer. Daardie wen het iets in my aangeskakel. Ek het besef ek geniet dit regtig,” vertel hy.

Ná hy foto’s op sosiale media gedeel het, het Jaco Jonker van Fitnation hom gekontak. “Hy het my potensiaal raakgesien en my as ‘n geborgde atleet ingestel. Hy is die rede hoekom ek is waar ek vandag is, en is steeds my afrigter.”

Regan sê sy sukses is te danke aan harde oefening, ‘n streng dieet en toewyding. Hy is tans ‘n derdejaar B.Sc-student in Stellenbosch, en die balans tussen sport en studie was nie maklik nie.

“Om vir die wêreldkompetisie voor te berei terwyl ek my graad voltooi het, was uitdagend. Daar is dae waarop jy geen energie meer oor het nie en in jouself begin twyfel, en met die leerwerk moet jy steeds tyd maak om te oefen. Op die sosiale front nooi mense jou ook nie altyd nie, want hulle weet jy gaan ‘n verskoning maak om nie te gaan nie.”

Shaye Best (Internationale beoordelaar) by Regan de Neijs wat aangewys is as die UWSFF Junior Men’s Physique Wêreldkampioen.

Die Wêreld Liggaamsboukampioenskappe, wat in November in Pattaya, Thailand gehou is, was sy eerste groot internasionale deelname. Regan het in drie afdelings meegeding en twee goue medaljes gewen.

“Ek het ‘n eerste plek in die ‘Junior Men’s Physique World Champion’-afdeling én in die ‘Junior Bodybuilder World Champion’-afdeling behaal, en ‘n tweede plek in denim model. Dit was ongelooflik om die swaar goue medalje en die Suid-Afrikaanse vlag om my nek te voel. Ek was trots om ‘n Suid-Afrikaner te wees.”

Hy sê die ervaring het bevestig dat al die opofferings die moeite werd was. Liggaamsbou is duur, van die voeding tot die voorbereiding, maar hy het geleer dat enigiets moontlik is as jy jou alles insit, het hy afgesluit.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button