Armdrukkers bult spiere in Mokopane
Altesaam 29 armdrukkers het die provinsiale kwalifiseringsgeleentheid in Mokopane bygewoon, met die oog op nasionale kleure.
MOKOPANE – Die manne van die Lynx Armdrukklub het verlede Saterdag ‘n draai by die Kameeldoring Gholfklub gemaak tydens ‘n geleentheid wat dié sport blootstelling gegee het in plaaslike kringe.
Altesaam 29 deelnemers het die dag, wat ‘n provinsiale kwalifiseringsgeleentheid was met die oog op nasionale kleure, bygewoon.
Ruan Ferns wen die mans 100kg+ regterarmafdeling met Kobus Young tweede en Diehan Pienaar derde.
In die mans 100kg+ linkerarmafdeling stuit niemand vir Robi Roos nie. Tweede in hierdie afdeling was Ruan Ferns en in die derde plek, MP de Wet.

In die mans o/100kg regterarmafdeling eindig Phillip Nel eerste met Danie Fourie tweede en Jandre Pienaar derde; en by die mans o/100kg linkerafdeling kom die louere weer vir Phillip Nel toe, met Danie Fourie tweede plek en Gerdehann Pienaar derde.
By die mans o/85kg (regs) kraai Kobus Young koning. Anton Munger eindig tweede en Pieter van Zyl derde plek.
By die mans o/85kg (links) het Anton Munger gewys hoe dit gedoen word en stap weg in die eerste plek, Andrew Adendorf is tweede en Pero Boshoff is in die derde plek.
Die mansafdeling o/70kg (regs) word gewen deur Martin Wilke met Sihle Radebe tweede en Zanroe Potgieter derde; en by die mans o/70kg (links) eindig JJ Naude eerste met Martin Wilke tweede en Sihle Radebe in die derde plek.

In die vroueafdeling stap Wilma Nel weg as wenner met Abigail de Jager tweede in die linker- en regterarmafdeling.
Die volgende groot kompetisie is die SA’s en die manne en vroue berei hulself reeds voor vir dié geleentheid.
Die klub bestaan uit lede van Mokopane, Polokwane en selfs Roedtan, en enige sterkmanne of- vroue kan deel word.

Vir meer inligting, kontak Anton Munger, die Limpopovoorsitter by limpopo@saaf-armwrestling.co.za of besoek dié youtube kanaal: @Anton_Munger – Anton Munger Arm Wrestling South Africa.




