Junior jukskei-aksie saam met nasionale spelers in Polokwane
Vertoonwedstryde tussen JSA en Limpopo se junior spanne skop om 14:00 af in Polokwane – kom ondersteun die plaaslike spanne vanmiddag.
POLOKWANE – Vandag is ‘n merkwaardige geleentheid vir Limpopo jukskei wat die Suid-Afrikaanse Junior Binnelandse Toer aanbied.

Die nasionale toerspan is reeds gister in die stad verwelkom.
Afrigter Nico Hand leer jong spelers in Polokwane die basiese beginsels van die jukskei. pic.twitter.com/FOk2pT1FuK
— Polokwane Observer (@PolokwaneObserv) July 18, 2026
Die Suid-Afrikaanse Junior Binnelandse Toer word word by die plaaslike jukskeibane in Polokwane aangebied. pic.twitter.com/VUIKchKIh0
— Polokwane Observer (@PolokwaneObserv) July 18, 2026
Die program is vol met jong spelers wat vanoggend ‘n afrigtingkliniek saam met bekwame afrigters van Jukskei Suid-Afrika (JSA) bywoon.


Om 14:00 begin die aksie met vertoonwedstryde tussen JSA en Limpopo se junior spanne.
Indien jy nie planne vir vanmiddag het nie, besoek gerus die plaaslike jukskeibane om Limpopo se junior spelers te ondersteun.




