Local sport

PHS se Ryan (15) skitter by PEL Limpopo-toernooi

Proteakolwer Quinton de Kock is Ryan se groot rolmodel – hy droom self van 'n loopbaan by die Proteas en in die IPL.

POLOKWANE – Proteakrieketspeler Quinton de Kock is nie net ‘n fantastiese kolwer volgens Ryan Evert nie, maar ook dié jongman se rolmodel.

Van skoolspan tot Verre Noord Predators

Ryan, wat deel is van Hoërskool Pietersburg se o/15A-krieketspan, het kort voor die skoolvakansie aan die Pretoria Elite League (PEL) Limpopo Elite Liga o/14- en o/15-T20 toernooi deelgeneem waar hy as veelsydige speler in die Verre Noord Predatorsspan, goed gevaar het.

Ryan presteer nie net voor die paaltjies nie, maar blink ook uit as paaltjiewagter en bouler.

Ryan Evert in aksie as paaltjiewagter.

Predators kroon hulself kampioene

Die Verre Noord Predators is as Plaatfinaalwenners gekroon.

Nuus wat hom van sy voete afgeslaan het

“Ek was op die o/14-NWU junior hokkiekamp in Potchefstroom toe ek hoor ek is vir die Verre Noord Predators gekies en ek was baie bly.

“Om aan die PEL Limpopotoernooi deel te neem het nie net vir my baie beteken nie, maar my ook gehelp om verder as krieketspeler te ontwikkel.”

Sweet in die nette

Ryan sê hy het hard gewerk om gereed te wees vir die Verre Noord Predatorsspan en het elke dag sy kolf- en boulwerk in die nette geoefen.

Ryan Evert kolf tydens die PEL Limpopo-toernooi.

“Een van my beste oomblikke was toe ek met my heel eerste bal ‘n ses geslaan het. Die grootste uitdaging vir my was om konsentrasie te behou terwyl ek kolf. Om altyd gefokus op die veld te bly en net bal vir bal speel, is iets wat ek tydens die PEL Limpopotoernooi geleer het. Behalwe vir die krieket, speel ek ook hokkie en dus leer ek hard en oefen ek ook hard.”

Krieket by dag, hokkie by nag (en andersom)

Ryan oefen elke dag na hokkie, ook krieket by die huis. Verder probeer hy om een tot twee maal ‘n week in die nette by die skool ook te draai.

“Ek wil graag my kolfvernuf verbeter en werk hard om dit reg te kry. Ek droom daarvan om eendag vir die Proteas en die Indian Premier League (IPL) op die veld te stap.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button