Local sport

Broers presteer by nuwe Polokwane-boogskietklub

Die broers het nog een kans, op 25 Julie, om vir die Limpopo-span te kwalifiseer wat na die nasionale toernooi in Jeffreysbaai gaan.

POLOKWANE – Citron Archery is die begin van ‘n nuwe era vir boogskiet in Polokwane, waar jonk en oud aan die sport kan deelneem.

Die klub is deur Hilda van der Schyff en haar man, Michiel, gestig nadat hulle die potensiaal vir die sport in die omgewing raakgesien het.

‘n Nuwe tuiste vir boogskuts

Die klub val onder die vaandel van Africa Genesis Archery (AGA) Boogskiet.

“Albei ons seuns het ‘n passie vir boogskiet en ek het besef daar is nie ‘n gevestigde klub vir boogskuts in die omgewing nie. Isak het reeds in gr. 4 met boogskiet kennis gemaak toe hy by Laerskool Bosveld aan die sport blootgestel is,” vertel Hilda.

Volgens haar sien sommige mense boogskiet bloot as ‘n sport of stokperdjie, terwyl dit vir ander ‘n manier is om stilte te vind, asem te skep en hulself te hervind.

Broers in aksie by Vaalwater

Isak en sy broer, Luan, het vroeg in Junie aan die AGA-boogskietkompetisie by Waterberg Akademie in Vaalwater deelgeneem.

Die toernooi is deur die Waterberg- en Thaba Ya Meetse-klubs aangebied.

Van skerp na skerper

Luan het tydens sy eerste kompetisie vanjaar in Mei in Mokopane 180 uit 300 punte behaal.

Teen sy laaste kompetisie het hy sy telling tot 225 uit 300 verbeter.

Isak het ook goeie vordering getoon en sy telling van 258 uit 300 tot 279 uit 300 verbeter tydens die kompetisie in Vaalwater.

Een skoot om die Limpopo-span te haal

Die broers het nog een geleentheid, op 25 Julie, om vir die Limpopo-span te kwalifiseer wat van 28 September-2 Oktober aan die AGA-SA Nasionale Toernooi in Jeffreysbaai gaan deelneem.

“Die nasionale toernooi is ‘n groot geleentheid. Deur die jare het ons skuts, Michael Behr van Hoërskool Tom Naudé en Isak, al onder die topvyf in Suid-Afrika geëindig,” sê Hilda.

Nog ‘n bulletjie vir die broers

Vroeër in Junie het Luan en Isak ook aan die Genesis Archery 20 Target 3D Archery-kursus deelgeneem, waar Isak die eerste plek behaal het en Luan tweede geëindig het.

Indien jy belangstel in boogskiet, kontak Michiel by michielfvds@gmail.com

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button