Koningskos vir elke smaak en voorkeur
Inwoners van Polokwane kan nou die gewilde Willie Wors spyskaart, wat 'n groot aantrekikheid is op skoue en byeenkomste, elke dag geniet.
POLOKWANE – Inwoners van Polokwane kan nou die gewilde Willie Wors spyskaart, wat ‘n groot aantrekikheid is op skoue en byeenkomste, elke dag geniet.
Die nuwe winkel het op 4 November by die Palmsentrum oopgemaak en bied heerlike worsrolle, wors en skyfies, vis en skyfies, hamburgers, geroosterde toebroodjies en tradisionele kos soos pap en lewer of pap en hoender vir die stad se honger inwoners. Ook kan inwoners bunny chow, pap en kaiings en pap en afval hier bestel.
Willie Wors se heerlike eetgoed kan as wegneemetes geneem word of gaste kan in die winkel sit en eet.
Willie Wors lewer af teen ‘n addisionele koste van R5 en is oop van 08:00 tot 19:00 Maandag tot Vrydag en Saterdae 08:00 tot 14:00.
Vir meer inligting, skakel die winkel by (015) 295 9098 of 082 563 6932.



