EntertainmentLifestyle

‘n Ete soos jou ouma gekook het

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) het verlede Sondag 'n restaurantete by Martha Hofmeyr Tehuis aangebied om fondse vir dié tehuis in te samel.

POLOKWANE – Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) het verlede Sondag ‘n restaurantete by Martha Hofmeyr Tehuis aangebied om fondse vir dié tehuis in te samel.

“Die resturantetes word een keer per maand aangebied teen R100 per volwassene en R50 per kind. Die geld wat met die kaartjies van die ete ingesamel word, word dan gebruik vir die instandhouding van Martha Hofmeyr,” het Hantie van Staden, van die SAVF, verduidelik.

Die gaste wat verlede Sondag se ete bygewoon het, is bederf met tunavorm vir voorgereg, beespotbraai en soetsuurhoender met rys en groente as hoofgereg en koekstruif met vla vir nagereg.

Die volgende restaurantete vind plaas op Sondag, 19 Januarie, volgende jaar, en die publiek is baie welkom om hier te kom aansit.

Die spyskaart vir die volgende ete bestaan uit nagemaakte kreef vir voorgereg, varkboud en gekrummelde hoender met pampoen, gebakte aartappels en ratatouille as hoofgereg en vrugteslaai vir nagereg. “Die spyskaart is onderhewig aan verandering,” sê Hantie.

Besprekings vir 19 Januarie se ete sluit om 12:00 op Woensdag, 15 Januarie.

Skakel (015) 295 9077 om te bespreek.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button