EntertainmentLifestyle

Bejaardes geniet ‘n spesiale Kersete

Die Doornbult Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) bestuurslede het Sondag vir die bejaarde inwoners van die Doornbult gebied 'n Kersete by Soetdoringsklub aangebied.

POLOKWANE –

Susan Roos en Sarah Roux bedank Gerald Joubert vir sy moeite om die saal feestelik te versier en komplimenteer hom op die nagereg wat hy gemaak het.
Susan Roos en Sarah Roux bedank Gerald Joubert vir sy moeite om die saal feestelik te versier en komplimenteer hom op die nagereg wat hy gemaak het.
Chris Smit help Elize Delport om 'n lekker sappige stuk van die skaap te kry.
Chris Smit help Elize Delport om ‘n lekker sappige stuk van die skaap te kry.

Dit was die tweede jaarlikse Kers-ete wat gehou word en 78 bejaardes en bestuurslede het die ete bygewoon.

“Tydens ‘n vorige vergadering wat in 2012 plaasgevind het, het kol. Lucas Tlhako van die Westenburg polisiestasie gevra dat die GPF ook na die senior inwoners van die gebied moet omsien omdat hulle sagte teikens vir misdadigers is,” vertel Mariaan Coetzee, sekretaresse van die Doornbult GPF.

Vir die ete is twee skape geskenk wat op die spit gebraai is.

Daar was ook hoenderpastei, verskeie groente en slaai op die spyskaart. Vir nagereg is die inwoners bederf met vrugtekoek en roomys.

Megan Bezuidenhout, ‘n 13-jarige aspirant sangeres van Polokwane het die mense ook vir die dag vermaak.

“Die bestuur van Doornbult GPF het nie nodig gehad om ‘n sent aan die funksie te spandeer nie, te danke aan die skenkings van verskeie inwoners,” sê Mariaan.

Die GPF bedank graag die volgende persone:

• Gerald Joubert.

• Jan van Niewenhuizen.

• Steve Moolman.

• Manie Korff.

• Tiaan en Mariska Opperman.

• George Knell.

• Peet en Rita Kruger, en die personeel van Soetdoringsklub.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button