EntertainmentLifestyle

Kersfees is in die liggies

POLOKWANE – Inwoners kan gedurende die feesseisoen piekniek hou met kersliggies as agtergrond danksy die insette van die Polokwane Kinder- en Gesinssorgvereninging in Jorrisonstraat. Die kantore en tuin is versier met liggies wat ‘n feestelike atmosfeer skep. Die staltoneel word ook met liggies uitgebeeld en daar en Kersvaders met val-skerms teen die mure afspring. “Dit …

POLOKWANE – Inwoners kan gedurende die feesseisoen piekniek hou met kersliggies as agtergrond danksy die insette van die Polokwane Kinder- en Gesinssorgvereninging in Jorrisonstraat.

Die kantore en tuin is versier met liggies wat ‘n feestelike atmosfeer skep.

Die staltoneel word ook met liggies uitgebeeld en daar en Kersvaders met val-skerms teen die mure afspring.

“Dit is lekker om jaarliks die glimlagte op mense se gesigte te sien as hulle piekniek hou onder die kersliggies,” sê Lorette Bosch, kantoorhoof van die vereniging.

Inwoners wat na die liggies kom kyk het, sê hulle is van plan om weer besoek af te lê.

Inwoners kan die tuin elke aand tot 31 Desember tussen 19:00 en 21:00 besoek.

Vir meer inligting skakel Bosch by 075 297 3326.

Pieter Pretorius en Driekus van der Walt kuier saam onder die liggies by die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging se kantore.
Pieter Pretorius en Driekus van der Walt kuier saam onder die liggies by die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging se kantore.
Die Nortje-gesin, Zeanell, Cindy, Rynaldo en Rudie kuier onder die kersliggies.
Die Nortje-gesin, Zeanell, Cindy, Rynaldo en Rudie kuier onder die kersliggies.
Vriende kuier saam by die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging se kantore onder die kersliggies wat die tuin versier. Voor sit Charice Bezuidenhoud, Malcolm Page en Nadia Schwan. Agter staan Monja Prinsloo, Gerhard Backhouse en Marie Prinsloo.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button