EntertainmentLifestyle

Renchia Venter se uitvoering

Renchia Venter (24) is 'n gebore musikant. Sy het reeds vroeg in haar lewe haar liefde vir klassieke musiek ontdek nadat sy begin klavierspeel het.

POLOKWANE – Renchia Venter (24) is ‘n gebore musikant. Sy het reeds vroeg in haar lewe haar liefde vir klassieke musiek ontdek nadat sy begin klavierspeel het.

“Ek het later klasieke kitaarlesse asook vioollesse geneem,” vertel sy in haar kantoor by Fanus de Beer Ouditeure.

Tydens haar skoolloopbaan het sy verskeie Unisa-eksamens gespeel in viool, klassieke kitaar, orrel en klavier. Sy het ook gereeld aan die jaarlikse Bosveld Kunstefees deelgeneem waar sy telkens as kategoriewenner aangewys is.

“Ek het my skoolloopbaan voltooi aan Hoërskool Pietersburg waarna ek na Pretoria is om musiek aan die Universiteit van Pretoria (Tukkies) te studeer,” sê sy.

Renchia het in verskeie simfonieorkeste viool gespeel, insluitend dié van Tukkies, Unisa Music Foundation Symphony Orchestra, die Nasionale Jeug Simfonieorkes en Simfonia Juventi.

“Een van my hoogtepunte was toe ek in 2009 die orrelsimfonie van Alexander Guilmant as solis saam met die Pretoria Simfonieorkes kon speel en toe ek gekies is as assistent-konsertmeester in 2012,” vertel sy.

In 2011 voltooi sy haar voordraerslisen-siaat in orrel onder leiding van professor Wim Viljoen. Sy het ook meesterklasse van onder meer Waclaw Golonka, Daniel Rowland en Philippe Graffin ontvang.

Renchia is tans voltyds orrelis by die Ge-reformeerde Kerk Pietersburg en speel ook by ander geleenthede soos by Kansa se Candles for Hope.

Sy bied Vrydag ‘n orrelvertoning aan by die Sterpark-ouditorium in Vegastraat, Polokwane. (Sien storie op bl. 18)

Hier gaan sy op ‘n ou pyporrel, wat van die Holy Trinity Katedraal langs die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) gebring is, speel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button