EntertainmentLifestyle

Renchia bekoor haar gehoor

Ongeveer 40 liefhebbers van orrelmusiek het Vrydag die geleentheid om na Renchia Venter se orreluitvoering te luister, aangegryp.

POLOKWANE – Ongeveer 40 liefhebbers van orrelmusiek het Vrydag die geleentheid om na Renchia Venter se orreluitvoering te luister, aangegryp.

Liedjies soos Winter, Arioso, Guide me o Thou Great Jehova en Beethoven se vyfde simfonie is meesterlik deur Renchia vertolk terwyl die gehoor in vervoering na haar geluister het.

Na afloop van die konsert is wyn met kaas en beskuitjies bedien.

Die orrel wat Renchia gespeel het staan in ‘n privaatouditorium in Sterpark en behoort aan Gerhard Breytenbach.

“Renchia speel briljant en ek is so bly dat sy hier opgetree het,” het hy gesê.

“Die orrel is uitgehaal uit die Holy Trinity Katedraal wat langs Wits Universiteit geleë is en verlede jaar in my privaatauditorium ingebou,” het hy verduidelik.

Volgens Breytenbach word orreliste al skaarser. “Die rede hiervoor is omdat dit makliker is om met die DSTV afstandbeheer te sit en speel as om te oefen en dat die toeganklikheid van orrels moeiliker word.

“Kerke wil nie meer toelaat dat kinders daar oefen nie en baie kerke beskik nie meer oor orrels nie.”

Hy het ook vertel dat dié spesifieke orrel reeds voor die tweede wêreldoorlog gebou is en met ‘n skip na Kaapstad gebring is.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button