EntertainmentLifestyle

Binnehuisversiering by tuinbouklub

Die Pietersburg Tuinblouklub het hul maandelikse vergadering verlede Dinsdag in die vorm van 'n High Tea by die Velvet Apple Café in Compensatiestraat gehou.

POLOKWANE – Die Pietersburg Tuinblouklub het hul maandelikse vergadering verlede Dinsdag in die vorm van ‘n High Tea by die Velvet Apple Café in Compensatiestraat gehou.

Die vroue was in fraai hoede en praktiese voorskote getooi, en het heerlike geregte geniet.

Die spreker vir die dag was binnehuisontwerper Martin-Shawn van Huyssteen, eienaar van Velvet Apple Café en Black Apple Designs.

Hy het verduidelik wat die verskil is tussen ‘n binnehuisversierder en ‘n binnehuisontwerper. “Die binnehuisversierder verander slegs kussings of gordyne, terwyl die binnehuisontwerper aan die struktuur van die vertrek verander.”

Hy het gesê die natuur kan altyd suksesvol gebruik word vir idees in en om ‘n huis. “Bring elemente van die natuur in, dit maak die vertrek warm en neutraal. Groen is ‘n terapeutiese kleur en daarom is dit so terapeuties om in jou tuin rond te stap.”

Wenke wat tydens die vergadering uitgeruil is, sluit in dat Malvaplante in November en Februarie gesnoei moet word sodat hulle in die vroeë lente kan blom, en dat Engelse sout vir wortelvoeding gebruik kan word.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button