EntertainmentLifestyle

Erica Kleuterskool hou 1920s-konsert

Vere, boa's, hoede en sigare was maar van die bykomstighede waarvan gaste gebruik gemaak het by die onlangse Valentynsdans wat Erica Pre-primêre Skool Vrydag aangebied het.

POLOKWANE – Vere, boa’s, hoede en sigare was maar van die bykomstighede waarvan gaste gebruik gemaak het by die onlangse Valentynsdans wat Erica Pre-primêre Skool Vrydag aangebied het.

Die tema vir dié Valentynsdans was Gatsby en gaste was getooi in die mode van die 1920s. Die dans is by die Gateway Internasionale Lughawe gehou.

Die idee van die dans was die breinkind van een van die skool se direksielede, Alizia Sibley.

“Ons bied die dans aan om geld in te samel vir die skool,” het Monja Groenewald, skoolhoof, vertel.

“Dit is lekker om vir ‘n slag na ‘n dans toe te gaan met ‘n tema en baie lekker om bietjie op te dress,” het Amanda Prinsloo, een van die gaste, aan Review gesê.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button