EntertainmentLifestyle

Jong modelle moet nou hard spáár

Marizelle Pretorius en Lavella Godlwana is twee jong modelle van die Bella Donna Modelling & Finishing School Limpopo.

POLOKWANE – Marizelle Pretorius en Lavella Godlwana is twee jong modelle van die Bella Donna Modelling & Finishing School Limpopo.

Hulle is onlangs gekies om aan die internasionale talent en skoonheidskompetisie Little Miss Nations 2014 in Brasilië te gaan deelneem in Augustus, maar benodig elkeen R75 000 om hul drome waar te maak.

Marizelle is 10 jaar oud en ‘n gr. 5-leerder aan Laerskool Piet Hugo. Sy doen al die afgelope jaar en ‘n half modelwerk en was verlede jaar ‘n finalis in die Mej. Junior Suid-Afrika-kompetisie. Sy is ook gekies as Mej. Kierieklapper (7-9 jaar) in 2013. “Ek is hierdie jaar weer ‘n finalis daar,” sê sy. Sy vertel dat sy baie van modelwerk hou en dat die kompetisiedeel vir haar lekker is.

“Ons gaan deelneem aan Little Miss Nations en Princess of the Sea en ons gaan mense van die government ontmoet,” vertel sy opgewonde. Ons gaan ook inkopies doen en ons gaan ‘n fotosessie in die reënwoud doen.” Lavella is 12 jaar oud en in gr. 7 by Jabez Christian School. Sy het ook in haar ouderdomsgroep by Mej. Kierieklapper gewen.

“Ek is ‘n baie trotse model juffrou,” vertel Ilse Viljoen, hul modelafrigter.

Haar boodskap aan hulle is: “Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid wat julle met albei hande moet vasgryp. Ek weet julle harde werk in die modelklas sal vrugte pluk.

“Geniet elke oomblik en onthou; bly net julself, doen net jul beste en ek belowe julle dat dit genoeg sal wees.

” Ek en die hele Bella Donna-familie staan 100% agter julle en ons is ongelooflik trots op julle. Liefies Tannie Ilse en al die Bella’s.”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button