EntertainmentLifestyle
Pret by Moedergemeente-basaar
Die N.G. Kerk-Moedergemeente op die hoek van Biccard en Groblerstraat se jaarlikse basaar wat Saterdagoggend gehou is, het talle inwoners van die stad gelok.
POLOKWANE – Die N.G. Kerk-Moedergemeente op die hoek van Biccard en Groblerstraat se jaarlikse basaar wat Saterdagoggend gehou is, het talle inwoners van die stad gelok.
Ds. Deon Haumann sê elke jaar, op die eerste Saterdag in Maart, hou die kerk ‘n groot basaar. “Met die basaar samel ons geld in om die res van die jaar se uitgawes te dek en die dag dien ook as ‘n geleentheid om die gemeente te bou,” sê Haumann.
Daar was 20 stalletjies waaronder boeke, klere, juwele, speelgoed, plante, verskillende kosse en nog baie meer.
Basaargangers kon ‘n smaaklike plaasontbyt geniet met ‘n vrugtesap of koppie tee of koffie daarby.



