EntertainmentLifestyle

Veelsydige Sandra

Sandra Prinsloo het 'n staande toejuiging van die gehoor ontvang na haar opvoering, Oskar en die pienk tannie, Vrydagaand by die Agapé Sentrum.

POLOKWANE – Sandra Prinsloo het ‘n staande toejuiging van die gehoor ontvang na haar opvoering, Oskar en die pienk tannie, Vrydagaand by die Agapé Sentrum.

Die funksie is gereël deur die Agapé-gemeente om geld in te samel vir Hoop vir Kinders, wat drie pleeghuise en ‘n krisissentrum insluit.

Meer as 200 mense het die funksie bygewoon en die gehoor was gaande oor Prinsloo se opvoering. Hulle het gelag en party het gehuil tydens die opvoering.

“Oskar en die pienk tannie gaan oor ‘n tienjarige seun wat terminale kanker het. Hy het net 12 dae om te lewe, maar die seun gaan sit nie op ‘n hopie nie. Hy leef sy lewe voluit in die 12 dae en elke dag skryf hy ‘n briefie aan God om te vertel wat hy alles gedoen het die dag en wat sy diepste wense is,” verduidelik Prinsloo.

Na Prinsloo se opvoering is ‘n skildery-veiling gehou. Die skilderye is deur plaaslike kunstenaars, Kathryn van Schalkwyk, Cindy de Lange en Marelize Reynolds, geskenk.

Daarna het die gaste ‘n lekker bord kos en nagereg geniet.

Oskar en die pienk tannie is ‘n Franse stuk wat deur professor Naomi Morgan vertaal is.

Morgan het glo vir Prinsloo genader om die stuk op te voer en die eerste vertoning van Oskar en die pienk tannie was in 2012 by die Vryfees in Bloemfontein.

“Die opvoering het ‘n wonderlike reaksie van die gehoor ontvang. Oskar en die pienk tannie word oral in Suid Afrika by Afrikaanse feeste opgevoer,” verduidelik Prinsloo.

Prinsloo sê na 26 jaar gaan sy en Marius Weyers saam werk in die opvoering Vir Ewig en Altyd.

“Ek was lanklaas in ‘n rolprent, maar daar is twee in die pyplyn,” sê Prinsloo.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button