EntertainmentLifestyle
Dewald sing vir oues
Inwoners van Martha Hofmeyer Tehuis en pensioenarisse van die N.G. Kerk-Pietersburg-Oos het verlede Vrydag 'n wonderlike aand beleef toe die gospelsanger Dewald Gouws by die SAVF-saal opgetree het.
POLOKWANE – Inwoners van Martha Hofmeyer Tehuis en pensioenarisse van die N.G. Kerk-Pietersburg-Oos het verlede Vrydag ‘n wonderlike aand beleef toe die gospelsanger Dewald Gouws by die SAVF-saal opgetree het.
Die konsertgangers het die aand baie geniet en saam met Gouws gesing en aanbid. Gouws het van sy mees gewilde liedjies soos Krag van God en Verhaal van Glorie gesing.
Die konsert is aangebied deur die N.G. Kerk-Pietersburg-Oos as ‘n spesiale byeenkoms vir die gryses en wyses.
Terwyl die musiek die geestelike verkwik het, het heerlike sop en brood die vleeslike verkwik terwyl almal baie lekker saamgekuier het.



