Tuinbouklublede leer Paastafels versier
Die Pietersburg Tuinbouklub het op Dinsdag 15 April hul maandelikse vergadering by Retsini Kwekery aangebied.
POLOKWANE – Die Pietersburg Tuinbouklub het op Dinsdag 15 April hul maandelikse vergadering by Retsini Kwekery aangebied.
Anette van Brouwershaven was die gasspreker en het gesels oor innoverende en kreatiewe maniere om die Paastafel te versier.
Sy het drie tafels versier om die verskillende moontlikhede uit te beeld. Daar was ‘n ontbyttafel met hasies as tema, ‘n teetafel met voëls en hout as tema en ‘n aandtafel wat met kerse mooigemaak is.
“Ek het op elke tafel ‘n simbool van Paasfees ingebring, soos byvoorbeeld die eiers op van die tafels,” het sy verduidelik.
Van Browershaven het ook gewys hoe om ‘n Paaskrans van blomme, draad en hout te maak. Sy het ook gedemonstreer hoe om die mooiste strikke van lint te maak om op geskenkpakkies as versiering vas te maak.
“Maak dit wat jy doen persoonlik. Sit blommetjies op of speel met kleur. Dit wys vir die ontvanger dat jy moeite gedoen het met die geskenk.”



