Kunsmark skop op ‘n hoë noot af
Verlede Donderdag het Suid-Afrika Werkersdag gehuldig met 'n openbare vakansiedag.
POLOKWANE – Verlede Donderdag het Suid-Afrika Werkersdag gehuldig met ‘n openbare vakansiedag.
Eldon Bothma en Martin-Shawn van Huyssteen het besluit om hierdie dag ten volle te benut en om hulle maandelikse Kuns- en Handwerkmark op Werkersdag by die Velvet Apple Café aan te bied.
“Ons het gedink dis ‘n vakansiedag en dus werk mense nie. Hulle het dan tyd om die mark te kom ondersteun,” het Van Huyssteen aan Review vertel.
Van Huyssteen is die eienaar van Velvet Apple Café in Compensatiestraat en Bothma is die organiseerder van die mark.
“Ons het sover nog min uitstallers, maar sal meer inneem soos wat die mark maandeliks groei. Elke uitstaller se produk word eers gekeur sodat ons seker kan wees dis uniek en van hoogste gehalte,” het Van Huyssteen verduidelik.
Produkte wat uitgestal en verkoop is sluit klere, juwele, konfyte, kralewerk en kaartjies in.
Die volgende Kuns- en Handwerkmark vind op 6 Junie by Apple Velvet Café plaas.



