EntertainmentLifestyle

Toneelstuk beloof lagtrane

Inwoners sal op 14 Mei die geleentheid kry om die nuutste produksie van Leon Kruger, skepper van die Woordfees-treffer, Ou Blare, te siene te kry by die Kia-werks-winkel by Tagorestraat 102.

POLOKWANE – Inwoners sal op 14 Mei die geleentheid kry om die nuutste produksie van Leon Kruger, skepper van die Woordfees-treffer, Ou Blare, te siene te kry by die Kia-werks-winkel by Tagorestraat 102.

Dié unieke “teater” is spesifiek so gekies omdat die produksie, Strip!, handel oor die oorspronklike mangrot, die motorwerkswinkel.

Dis die plek waar elke man kan lieg oor goed waarvan hy niks weet nie en dit maak nie saak nie, want wat in die motorwerkswinkel gebeur, bly tussen hom, sy moersleutel en die ou wat weet hoe om die olie af te tap.

Con Motors is juis so ‘n plek en hy is oop vir die pu-bliek; maar waar is die klante en wie werk nou tien jaar lank aan ‘n Mazda?

Strip! is die komiese storie van ‘n man wat nie weet hoe om hom van sy verlede los te maak nie, totdat hy die ou ontmoet wat die olie kan aftap hom ‘n hammer gee.

Nou bly die vraag: wat gaan hy volgende “strip”?

Die akteurs in die skaterlagstuk is bekendes in die Afrikaanse toneelbedryf. Chris van Niekerk het die baie gewilde Oom Francois in 7de Laan gespeel en Waldemar Schultz het die rol van Jan-Hendrik Terreblanche vertolk.

“Dis lekker om mense te sien lag en dis wat ons vir die mense in Polokwane gaan gee, ‘n lekker lagondervinding wat nog lank na die produksie verby is, ‘n traan en lagplooi-tjie gaan trek,” het Van Niekerk aan Review vertel.

Kaartjies vir die vertoning is beskikbaar by Hoërskool Pietersburg se kantoor teen R150 per persoon. Die prys sluit ‘n vingerete in. Gaste kan eie drinkgoed saambring.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button