Basaargangers beslis nie teleurgestel
Die Gereformeerde Kerk-Sentraal Pietersburg, op die hoek van Voortrekker- en Jorrisenstraat, het Saterdag weer hul jaarlikse basaar aangebied.
POLOKWANE – Die Gereformeerde Kerk-Sentraal Pietersburg, op die hoek van Voortrekker- en Jorrisenstraat, het Saterdag weer hul jaarlikse basaar aangebied.
Daar was ‘n verskeidenheid van produkte soos klere, plante en eetgoed te koop asook groente, vleis, koeke, koeksisters en beskuit.
As vermaak was daar ‘n springkasteel vir die kinders asook skyfskiet- en toutrekkompetisies.
“Hierdie kerk se basaar is altyd baie aangenaam. Ek koop elke jaar pannekoek en basaarpoeding hier,” het Armand Boshof, een van die basaargangers, vertel.
Ook Saartjie Smith het vertel dat sy en haar kinders hierdie basaar baie geniet het. “Ons maak ‘n uittog en ‘n pretdag daarvan. Daar is baie lekker eetgoed beskikbaar en die kinders geniet die springkasteel.”



