EntertainmentLifestyle

12 kore beïndruk in koorkompetisie

Die jaarlikse streeksfinaal van die ATKV-Applous Koorkompetisie is Maandag by Hoërskool Pietersburg beslis.

POLOKWANE – Die jaarlikse streeksfinaal van die ATKV-Applous Koorkompetisie is Maandag by Hoërskool Pietersburg beslis.

Van die 12 kore wat deelgeneem het aan hierdie streeksfinaal, was ses van Polokwane.

Die kore van Curro Heuwelkruin, Laerskool Pietersburg-Oos, Mitchell House en Hoërskool Pietersburg het die stad se naam hoog gehou in hierdie immergewilde kompetisie.

As tussenpose het die plaaslike sanggroep Spieëlbeeld, wat bestaan uit die tweeling Janus en Martin van der Westhuizen, die gehoor vermaak met liedjies soos Karoonag en Ek Wil Vir Jou.

Uitslae:

Juniorkore:

• Curro Heuwelkruin, silwer

• Laerskool Pietersburg-Oos, goud

Laerskole, nie-moedertaalsprekend:

• Mitchell House Primary, silwer

Laerskole:

• Laerskool Pietersburg-Oos, goud

Hoërskole, nie-moedertaalsprekend:

• Mitchell House College, goud

Hoërskole:

• Hoërskool Pietersburg, goud.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button