Musiek en kleur kenmerk dié skou
Meropa Casino and Entertainment World het Saterdag hul tweede jaarlikse bruidskou aangebied.
POLOKWANE – Meropa Casino and Entertainment World het Saterdag hul tweede jaarlikse bruidskou aangebied.
Tydens hierdie glansgeleentheid het besighede wat fokus op die troumark die geleentheid gehad om hul ware en dienste ten toon te stel.
Hierdie jaar het twee ontwerpers wat hulle rokke uitgestal het gebruik gemaak van modelle wat tydens ‘n modevertoning die ontwerpers se rokke vertoon het. Dié ontwerpers was Mengouchi Haute Couture en KC Couture.
Alusha-Art het ook hul grimeerwerk en “glitter tattoos” gedemonstreer. Die opbrengs van die “glitter tattoos” gaan vir die Lig vir Elmie-fonds.
Ander uitstallers by die skou was Melodic Pulse Band, Innovative Eventz, Bundles of Sweet Joy, TDM’s en D’vine Dazzle.
Felicia Mphahlele, verkoops- en bemar-kingsbestuurder van Headline Leisure Management by Meropa Casino and Entertainment World, sê die funksie was ‘n sukses.
“Ons het reeds paartjies wat hulle troues by ons bespreek het en die uitstallers vertel hulle het ook al baie navraag gekry. Dit was ‘n reuse sukses.”



