EntertainmentLifestyle

Tommies se talente ken geen einde nie

Verlede Donderdag is die rooitapyt behoorlik uitgerol toe die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé hul talentkompetisie, Tommies Got Talent, aangebied het.

POLOKWANE – Verlede Donderdag is die rooitapyt behoorlik uitgerol toe die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé hul talentkompetisie, Tommies Got Talent, aangebied het.

Tydens die vertoning was daar dansitems, musiekitems en sangitems vanuit die boonste rakke vir die gehoor om te geniet.

Die aanbieders, Kyle Bester en Tshegofatso Mabutla, het die gehoor vermaak met oulike staaltjies en daar was ook ‘n Noot vir Noot-kompetisie waaraan drie deelnemers uit die gehoor, Ruben Zanna, Luhann Schoeman en Douglas van Heerden deelgeneem het.

Jason Brebner het die aand op ‘n hoë noot afgeskop toe hy ‘n dromsolo gelewer het en hierna het Divan Rossouw gewys wat in hom steek met sy elektriese kitaar in die hand.

Amore van Jaarsveld, Ronay Delport, Tiaan van der Merwe, Phillipine Mafokoane, Dioné Cilliers en Thabang Nkoe het elk ‘n liedjie gesing.

Daar was ook ‘n dansitem deur die dansgroep, Khenza Boys, en Eugene Scheepers het ‘n uitstekende hip hop-danssolo gelewer.

Tshegofatso Mabutla het ‘n dramastuk van Athol Fugard opgevoer.

Die beoordelaars het ‘n moeilike besluit gehad om te maak en het ‘n 20-minute breuk aangekondig waartydens kos en koeldrank verkoop is. Na die breuk het die groot oom-blik aangebreek en het die beoordelaars, Carla de Jager, Hetti Nel en Anne Smith, hul finale keuses aangekondig.

Jaun-Pierre Evert het die nie-vokale-afdeling gewen met sy beatboxing-vertoning, terwyl Amu Machabi die drama-afdeling gewen het met sy selfgeskrewe stuk, Conversation With the Devil.

Dioné Cilliers het die vokale-afdeling ge-wen met haar vertolking van Jou Skaduwee.

Nadat die wenners aangekondig is, het Carla de Jager, ‘n oud-hoofmeisie van Tom Naudé, twee liedjies gesing.

IModels het pryse geborg en Woodstuff het ‘n donasie aan die skool gemaak. Die dekor is deur Cupid Function Hire behartig en die rookmasjien is verskaf deur FBDV. Sunland Baobab het die beoordelaars se geskenke geborg.

Die aand het afgesluit met Kyle Bester en F.G. Grobler se sangitems.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button