EntertainmentLifestyle

Vanjaar se skou die beste in jare

Die jaarlikse Polokwane Skou en Musiekfees het 'n wye verskeidenheid vermaak en uitstallings gebied van Woensdag tot Saterdag.

POLOKWANE – Die jaarlikse Polokwane Skou en Musiekfees het ‘n wye verskeidenheid vermaak en uitstallings gebied van Woensdag tot Saterdag.

Besoekers aan die skou kon hul verlustig in die verskillende uitstekende stalletjies en groot uitstallers soos Eskom, Nictus en Lexus.

Zanna Bird and Reptile Park het twee yslike luislange saamgebring waaraan die skougangers kon vat. Mense kon ook foto’s laat neem met dié slange om hul nekke gedrapeer.

Die Limpopo nood-dienste, die polisie en die weermag, asook die provinsiale verkeersdepartement en die Polokwane brandweer het demonstrasies aangebied wat skouhangers se monde laat oophang het van verbasing.

Kinders het die pretpark en stalletjies, wat spesifiek op die jonger geslag gemik was, geniet.

Verskeie stalletjies het toekennings gewen en die weermag het weggestap met die louere as beste buitestalletjie.

Die skou het ook verskeie uitstekende vermaakitems aangebied.

Vrydagaand het Will Jordan en Jakkie Louw opgetree en die skougangers se voete behoor-lik laat jeuk.

Corrie Venter en Lelané van der Merwe het ‘n skou-hemp deur die Vodacom Blou Bul-span laat teken waarna die hemp aan Kansa geskenk is. Dié hemp is Saterdag in die pouse tussen Snotkop en Prime Circle se vertonings opgeveil en het R7 500 gehaal, wat aan Kansa geskenk sal word.

Saterdag kon pensioenarisse die skou gratis bywoon en hulle het Alan Ladd se vertoning terdeë geniet.

Die Mej. Polokwane-skoonheidskompetisie is ook Saterdag aangebied.

Dirk van der Westhuizen, van Seawest Account Management, het R2 000 betaal sodat die lede van 4Werke hul hare kon spuitverf. Hierdie geld is ook aan Kansa geskenk.

Later het drie lede van 4Werke, MoniQue, Nicholis Louw en Ray Dylan, elk ‘n solovertoning aangebied en daarna as groep, saam die gehoor vermaak. Elizma Theron, die vierde lid van 4Werke is steeds met kraamverlof. Elvis Blue het oud en jonk behoorlik op hul voete gehad en daarna was die hoogtepunt van die aand die vertoning van Prime Circle.

Monica Prinsloo was van mening dat vanjaar se skou die beste in jare was.

“Die stalletjies was goed en die kunstenaars puik,” het sy gesê.

Lelané van der Merwe, een van die organiseerders van die skou, het gesê dat hulle elke jaar probeer om unieke kunstenaars na die skou te bring.

“Ons kyk wie gewild is en bring daardie kuns-tenaars dan hiernatoe.”

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button