Moenie te gou koue voete kry nie

HUISTRANSAKSIES vlot nou vinnig, met talle voornemende kopers wat skoudae bywoon en baie eiendomme wat veelvoudige koopaanbiedinge lok.

HUISTRANSAKSIES vlot nou vinnig, met talle voornemende kopers wat skoudae bywoon en baie eiendomme wat veelvoudige koopaanbiedinge lok.

“Maar,” sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep, “daar is een groot haakplek, en dit is dat daar nie genoeg voorraad eiendom in die mark is nie.

“‘n Vinnige opname onder ons agente het onlangs getoon dat daar ‘n daling van tot 60% in die aantal huise te koop in die mees gewilde gebiede is en eiendom wat voorheen beskikbaar was, is of verkoop of aan die mark onttrek.”

Hy sê dat verkopers wat nou kop uittrek omdat hulle dink dat stygende vraag daartoe gaan lei dat hulle oor ses maande of ‘n jaar ‘n baie hoër prys gaan behaal, ‘n groot fout begaan.

Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts: “Die feit is dat hoewel daar op die oomblik geen tekort aan kopers is nie en hoewel eiendom met billike pryse nou vinniger as in enige tydperk die afgelope vyf jaar verkoop word, is daar faktore wat enige beduidende prysstygings in huispryse kan teenwerk.

“Een faktor is dat rente-koerse na wat verwag word in die volgende paar maande gaan begin styg, ondanks die Reserwebank se mees onlangse besluit om die koers onveranderd te laat.”

Stygende rentekoerse maak eiendom minder bekostigbaar, aangesien dit die deel van voornemende huis-kopers se inkomste wat vir betaling van skuld begroot moet word, verhoog.

“Dit beteken dat hulle vir kleiner huislenings gaan kwalifiseer en dat hulle beslis waarde vir geld gaan soek en bereid gaan wees om met oorgawe die laagste moontlike prys te beding.”

Tweedens is banke baie meer omsigtig om krediet toe te staan wanneer rentekoerse begin styg en boonop baie meer konserwatief in hul waardasie van eiendom waarvoor verbruikers om ‘n lening aansoek doen.

“Dit beteken weereens afwaartse druk op huispryse en ‘n kleiner poel kopers.”

Gevolglik is die beste raad dat verkopers hul eiendom in die mark hou, professionele advies inwin oor ‘n billike prys vir hul eiendom, en die heersende sterk vraag benut om ‘n vinnige transaksie deur te haak.

“Dit sal hulle ook in ‘n sterk posisie plaas om goedkeuring vir ‘n lening vir die koop van ‘n nuwe huis van hul eie te bekom.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button