Eerste indrukke tel meeste
WANNEER huiseienaars hul huise bemark probeer hulle gewoonlik om dit ten beste te vertoon en sal hulle dikwels verf, matte skoonmaak, rommel opruim en die tuin opknap voordat die eerste voornemende ko-pers by die deur instap.
WANNEER huiseienaars hul huise bemark probeer hulle gewoonlik om dit ten beste te vertoon en sal hulle dikwels verf, matte skoonmaak, rommel opruim en die tuin opknap voordat die eerste voornemende ko-pers by die deur instap.
Daar is egter een kunsie om ‘n uitstekende eerste indruk te skep wat hulle nie uit die oog moet verloor nie: goeie beligting.
“Deesdae kan voornemende kopers eers saans ná werk na huise kyk en selfs mense wat skoudae bywoon sal kwalik kan sien hoe skoon, vars en netjies die huis is as die binnekant swak belig is,” sê Berry Everitt, be-sturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep.
“Met die regte beligting kan ‘n vaal vertrek van so-so tot sensasioneel verander word. Kolligte kan byvoorbeeld ingespan word om ‘n baie ruim vertrek minder steriel te laat vertoon deur intieme poele lig te skep.
“Ligte wat na benede skyn kan weer plafonne wat baie hoog is laat ‘sak’. ‘n Muur wat in lig gebaai word sal dit visueel verder laat vertoon en die vertrek groter laat lyk en deur die lang mure in ‘n lang, smal vertrek te belig kan die visuele proporsies verbeter word.”
Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts, dat aksentbeligting ‘n vertrek se beste eienskap , soos byvoorbeeld ‘n statige kaggel, kan uitlig.
In ‘n kombuis behoort ligte wat afwaarts skyn gegroepeer te word om meer lig op werkoppervlakke te fokus.
In ‘n badkamer werk muurlampe of ligte bo die spieëls gewoonlik goed en ‘n stort behoort ook goeie beligting te hê.
“Die beste nuus is natuurlik dat dit redelik goedkoop is om ‘n huis se beligting te verander, veral in vergelyking met die koste verbonde aan die meeste ander opknappingsprojekte.
Die wye reeks beskikbare ligskerms, en kompakte fluoor-gloeilampe en LED-ligte, wat baie langer as gewone gloeilampe hou en minder elektrisiteit verbruik, beteken dat huiseie-naars min verskoning het om in die duister te tas.
“Met ‘n bietjie verbeelding en die regte advies oor watter behore om in te span om die verlangde effek te skep, kan enige verkoper sy huis se waarde in die oë van voornemende kopers verhoog.”



