Hamburgers vir ‘n goeie doel
Die Nederduitsch Hervormde Kerk Welgelegen het verlede week hul 20@50-burgerprojek aangepak.
POLOKWANE – Die Nederduitsch Hervormde Kerk Welgelegen het verlede week hul 20@50-burgerprojek aangepak.
Die 20@50-projek behels dat gemeentelede 2 050 hamburgers maak en verkoop.
Die projek het verlede Donderdagaand afgeskop toe gemeentelede ingespring het en 2 050 broodrolletjies met botter gesmeer het.
Vrydag het hulle die hamburgerfrikadelle gaargemaak en die hamburgers gebou.
Oud en jonk het handjie bygesit en gehelp.
“Die geld wat ons inkry word in drie verdeel,” het ds. Henk Joubert vertel.
“‘n Deel gaan na Ons Tuiste Ouetehuis, ‘n deel na die Martha Hofmeyer Tehuis en ‘n deel gaan aan die teologiese opleiding van die Nederduitsch Hervormde Kerk se predikante.”



